Louwsvley

Situated in Aroab, Karas (Namibia)


Please Sign In to Enquire
Return to Results


Louwsvley is geleë 28km vanaf Aroab en sowat 68km vanaf die Suid-Afrikaanse grens Rietfontein. Jagters kan ontspan in ons volledige toegeruste selfsorg jaghuis waarin 12
persone kan oornag. Kom bederf jouself en ervaar ‘n Kalahari jag-avontuur van ‘n leeftyd!

Wild Beskikbaar:
• Gemsbokke @R3000
• Springbokke @R30 p/kg (vel aan/harslag in)

Verblyf:
Netjiese jaghuis @R350 p/p per nag
• 12 Beddens (linne word voorsien)
• 2 Badkamers
• Elektrisiteit 24/7
• Ingerigte kombuis met alle toebehore
• Moderne braaigeriewe
• Pooltafel en darts
• Vuurmaak put (Bonfire)
• Wifi

Vervoer:
• Jagbakkie teen @2500 p/dag
• Eie vervoer ook welkom

Ekstras:
Braaiboom
• Buitelig braai/kuier area ten volle toegerus in wildskamp.
Braaipakke
• Vleis, wors en sosaties kan vooraf bestel word vir gebruik tydens verblyf.
Vleisverwerking
• Alle wild gejag word verwerk, verpak en gevries teen addisionele koste
(Sien vleisverwerkingspakket aangeheg)

VLEISVERWERKING 2019 (Ons stel voor dat al die vleis verwerk word, want ons het nie `n koelkamer om karkasse te hang nie).
Vrieskamer BESKIKBAAR TEEN R350 PER DAG PER GROEP
Slaglammers: (prys sal voorsien word in 2019) OPGESAAG, VAKUUMVERPAK EN GEVRIES. MOET VOORAF BESTEL WORD.
Algemene Inligting:
• DERMS, SPESERYE EN VET KOM ADDISIONEEL BY.
• JAGTER KAN SELF DERMS, SPESERYE EN VET VOORSIEN INDIEN SO VERKIES.
• GEEN KOEL HOUERS WORD BENODIG NIE. VLEIS WORD GEPAK EN GEVRIES IN MAKLIK HANTEERBARE PAKKE.
• ALLES WORD DUIDELIK GEMERK OM ENIGE VERWARRING TE VOORKOM.
• SLAGFOOI-GROOTWILD R100 EN KLEINWILD R50.
Opsie 1
R4/KG: Heel stukke (kakas-gewig)
HEEL STUKKE WORD SKOONGEMAAK EN VERPAK SODAT DIT KAN GEVRIES WORD.
Opsie 2
R8/KG: Bulk (+- 10kg) verpakking (karkas-gewig)
SNY VAN BILTONG, WORSVLEIS, STEAKS EN OPSAAG VAN BENE.
Opsie 3
R10/KG: Gewone (+- 500gram - 1kg) verpakking (karkas-gewig)
DIE MAAK VAN BILTONG, STEAKS, NATWORS, DROë-WORS, KAASWORS, MINCE EN OPSAAG. SOOS JAGTER VERKIES.
Opsie 4
R12/KG: Vacuum (+- 500 gram - 1kg) verpakking (karkas-gewig)
DIE MAAK VAN BILTONG, STEAKS, NATWORS, DROë-WORS, KAASWORS, MINCE EN OPSAAG. SOOS JAGTER VERKIES.

Totale koste (wild + verwerking) kan ook naastenby voorsien word, afhangende van die opsie wat die jagter verkies en tipe verwerking.

INLIGTING RONDOM PERMITTE VIR GEWERE EN VLEIS UITVOERE.

GEWEER-PERMITTE
• ‘n Uitnodigingsbrief word benodig van die plaaseienaar/jaginstansie en word dan geneem na die naaste polisiestasie in SA om aansoek te doen vir ‘n geweer uitvoerpermit
na Namibië.
• By die Namibiese grens word die uitvoerpermit ingegee en hulle verskaf dan ‘n invoerpermit vir die geweer om oor die grens te reis. Invoerpermit word weer benodig met vertrek by die grenspos.

VLEIS-PERMITTE
(Jagseisoen is vanaf 1 Mei tot 31 Augustus)
• Die Jagter moet aansoek doen vir ‘n vleis-invoer permit in Pretoria vir ‘n maksimum van 500kg.
• Die plaaseienaar/Jag-instansie gaan neem ‘n jagpermit (R100) uit in Keetmanshoop, Namibië en ‘n kwitansie (R50) vir die vleispermit teen R150 per persoon.
• Die Jagter gebruik die SA-vleispermit en kwitansie van Namibië tesame met sy Nam-jagpermit om die vleis oor die grens te neem. Dis slegs moontlik by die Ariamsvlei en Noordoewer grensposte om vleis deur te neem.
• Ariamsvlei is 170km vanaf Louwsvley geleë.
• Noordoewer is 400km vanaf Louwsvley geleë.
NB: MAAK ASB. SEKER DAT U PASPOORT BY AL 2 GRENSPOSSTE (NAMIBIA EN SUID-AFRIKA) GESTEMPEL WORD MET BINNEKOMS EN VERTREK.
DAAR IS OOK ‘N ‘ROADFUND’ WAT MOET BETAAL WORD BY DIE NAMIBIESE GRENSPOS VIR ALLE INKOMENDE VOERTUIE.
KINDERS ONDER 18 JAAR HET SEKERE DOKUMENTE NODIG AAN DIE RSA KANT INDIEN NIE SAAM MET AL 2 OUERS OOR DIE GRENS BEWEEG NIE.
(Ons kan u van die nodige inligting voorsien indien nodig)
.
AANWYSINGS VANAF RIETFONTEIN/AROAB
Draai links by die kruising(stopstraat) in Aroab (Vulstasie is regs)
Ry verby die Privaatskool op jou linkerkant. Draai links by die T-aansluiting op die Karasburg-pad en ry oor die brug. Na +- 2km op die Karasburg pad draai links by die T-aansluiting
op pad nr D622.
Na 28 km, 2de plaas op linkerkant. Naambord op linkerkant.

Facilities include Electricity, Hunting DVD upon request, Hunting vehicle, Internet access / WiFi, Malaria-free (Non-Malaria Area), Meat processing, Own vehicle may be used for hunting, Self-catering, Shooting range 100m+, Slaughter facilities, We understand Afrikaans and We understand English

6 - 8 guests can be accommodated.

Not yet rated by our users.


Hunting Specifications

Meat and Trophy Hunting
Rifle Hunting only
Desert, Kalahari and Plains
From vehicle, Voorsit / Ambush and Walk & Stalk
Gemsbok / Oryx (Female) (3000.00 ZAR)
Gemsbok / Oryx (Male 1) (3000.00 ZAR)
Gemsbok / Oryx (Trophy) (3000.00 ZAR)
Springbuck (Female) (30.00 ZAR)
Springbuck (Male) (30.00 ZAR)
Springbuck (Trophy 1) (30.00 ZAR)

Applicable Rates

350.00 ZAR
350.00 ZAR
Unspecified
Unspecified
Full price
Own or R2500/day
Included
Included

Click on a thumbnail image to view



Availability


Dates highlighted in red are unavailable

 MoTuWeThFrSaSuMoTuWeThFrSaSuMoTuWeThFrSaSuMoTuWeThFrSaSuMoTuWeThFrSaSuMoTu
January 12345678910111213141516171819202122232425262728293031     
February    12345678910111213141516171819202122232425262728     
March    12345678910111213141516171819202122232425262728293031  
April123456789101112131415161718192021222324252627282930       
May  12345678910111213141516171819202122232425262728293031    
June     123456789101112131415161718192021222324252627282930  
July12345678910111213141516171819202122232425262728293031      
August   12345678910111213141516171819202122232425262728293031   
September      123456789101112131415161718192021222324252627282930 
October 12345678910111213141516171819202122232425262728293031     
November    123456789101112131415161718192021222324252627282930   
December      12345678910111213141516171819202122232425262728293031

Please Sign In to Enquire
Return to Results